Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 26 OKTOBER 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.
IN DIE NUUS VANDAG

ONS BENODIG INSETTE MET BETREKKING TOT DIE SARL INTEGNET

TERUGVOER VANAF DIE IARU STREEK 1 KONFERENSIE

NOG NET 2 DAE OM TEEN DIE AFSLAGTARIEF TE BESPREEK VIR DIE RTA IN KAAPSTAD

EN FREKWENSIE SKUIF VIR AMATEUR RADIO TODAY

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander belangrike nuusitems.

** Die SARL het reeds verskeie interesante onderwerpe geidentifiseer vir bespreking tydens integnet programme. Die programme was oor die afgelope paar jaar op Sondagaande uitgesaai maar weens verskeie versoeke is daar besluit om die program na elke derde Dinsdagaand van die maand om 19:30 te verskuif.
Hierdie skuif het egter 'n negatiewe uitwerking op die program se luistertal gehad en dit het dus nou nodig geword om hierdie skuif te heroorweeg. Weens die swak opkoms tydens programme voel gassprekers ook dat hul voorbereiding vir sulke programme nie na waarde geskat word nie.
Klub kommitees word versoek om gedurende hul volgende klubbyeenkoms die onderwerp aan te roer ten einde 'n oplossing vir die probleem te probeer vind. Moet die program weer teruggeskuif word na Sondagaand om 19:30? Terugvoer moet asseblief so gou moontlik aan artoday@sarl.org.za gestuur word.
Van die besprekingspunte wat geidentifiseer is vir toekomstigge integnet programme sluit “Sonkrag vir Radio Amateurs” en “Verstaan ons werklik weerlig” in
** Die SARL afvaardiging na die IARU Streek 1 konferensie is tans besig om 'n indiepte verslag oor die verskillende agenda items onder bespreking saam te stel. Hierdie verslag sal binnekort beskikbaar wees op die SARL se webblad.
Van die belangrikke punte onder bespreking sal in die afsienbare toekoms tydens SARL nuusbulletins toegelig word.
Een van die besprekingspunte het gehandel oor Morse kode. Die aanvaarde Morse Kode prosedures is opgeneem in die publikasie van ON4WW met die titel "Ethics and Procedure for Radio Amateurs" Hierin word ondermeer aandag gegee aan die letters “K” en “AR” wat soms verkeerdelik gebruik word aan die einde van uitsendings. Die korrekte prosedure is dat die letter “K” gebruik word as 'n uitnodiging om te stuur aan die einde van 'n uitsending terwyl die letters “AR” die einde van 'n uitsending aandui. “K" word ook soms verkeerdelik gebruik om die einde van 'n QSO aan te dui.
“KN word gebruik om aan te dui dat jy in QSO is met 'n stasie en nie deur ander stasies gekontak wil word nie.
“SK” word algemeen gebruik om die einde van 'n QSO aan te dui terwyl een of beide stasies steeds op die frekwensie sal bly vir verdere QSO's. Wat is jou ervaring met gelykgolf? Stuur vir ons asseblief ook jou siening deur epos aan artoday@sarl.org.za
** Die tyd, om teen die verlaagde tarrfief vir die Kaapstad RTA te bespreek, raak nou min. Die Kaapstad Radio Tegnologie in Aksie simposium sal gehou word op Saterdag 1 November. As jy voor 28 Oktober bespreek vir die RTA, sal jy slegs R100,00 betaal as 'n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Na 28 Oktober verhoog dit tot R130,00 vir lede. Nie-lede betaal R200,00 om die geleentheid by te woon. Die volledige program en besprekings kan gevind word op die Suid-Afrikaanse Radioliga web met behulp van die skakel op die tuisblad.
** Van vandag 26 Oktober verander die frekwensies vir uitsending van ARTODAY. Die Sondaguitsending wat om 10:00 plaasvind sal op7205 en 17760 kHz uitgesaai word. Die Maandagaand uitsending om 18:30 sal uitgesaai word op 4895kHz.
Uitsaaiers regoor die wereld verander op 26 Oktober frekwensies ten einde voorsiening te maak vir die draai van die seisoen. Ontvangs rapporte van die verskillende frekwensies sal waardeer word. Stuur asseblief jou ontvangs rapport aan artoday@sarl.org.za
Jy is ingeskakel op 'n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die liga kantoor
** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Helgard Rademeyer Honiball, ZSL1123;
David Theron, ZU1D:
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1482 plus 34 geaffilieerde klubs
** Die tweede gekombineerde snuffel mark en ope dag vir vanjaar, van die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging en die Antique Wireless Association,vind eerskomende Saterdag die 01 November 2014 plaas.
Hierdie geleentheid beloof om 'n baie interessante, genotvolle en onvergeetlike dag wees. Vir rigting aanwysings besoek gerus zs6kts.co.za webblad. Die AWA sal dan ook hul algemene jaar vergadering hou na afloop van die oggend aktiwiteite.

Die geleentheid word aangebied by die Impala Voortrekkers Sentrum in, Rooibos Laan, Allen Grove te Kempton Park vanaf 08H00. Om 'n tafel te reserveer of vir enige navrae, kontak gerus vir Selwyn ZS6SEL by 082 804 2782 of Nico ZS6QL by 083 269 9939.

Voorwaar 'n interresante en aangename geleendheid om na uit te sien.
** Die afgelope 7 maande het `n groep radio amateurs elke Saterdag en Sondag oggend vanaf 06:00 tot 08:00 plaaslike tyd op 144.300 hoër syband bymekaar gekom. Asgevolg van groot belangstelling in die verband word `n byeenkoms gehou op 01 November 2014 om 10:00 by die Wesrand Amateur Radio klub te Kroton str. Weltevredenpark Roodepoort. Onder andere sal die kompetisie op 15 tot 16 November 2014 bespreek word. Alle belangstellendes is welkom, bring ook enige oortollige BHF/UHF toerusting om te verkoop of te ruil.
Die dag word afgesluit met `n bring en braai.

Vir navrae kontak Carl Minne ZS6CBQ 072 794 5952 minnecd@absamail.co.za

** Die Durban amateurradio klub kompetiesie kommitee maak van hierdie geleentheid gebruik om verskoning te maak vir die laat beskikbaarmaak van die uitslae van die 80m QSO gesseligheid. Die kommitee het die spertyd vir indien van logstate vertraag in die hoop dat nog logs ingedien sou word maar helaas is net 3 inskrywings ontvang.
Hier is dan die finale uitslag
1. Johan van Zyl ZS4DZ 195 points
2. Marius Snyman ZS6MS 125 points
3. Dawn Snyders ZS5ME 120 points

Daar was 21 stasies aktief maar net hierdie drie stasies het logstate ingedien, die rede hiervoor mag dalk die hoë QRN vlakke wees

Ons dank aan die deelnemers en gelukwensing aan die wenners. Ons vertrou die volgende kompetiesie sal beter resultate oplewer.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees met moontlike X-klas sonfakkels vanaf reuse sonvlek AR2192.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 160.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met 'n goeie waarskynlikheid vir opwindende 6 m openinge.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
En dit bring ons dan nou by die Dagboek van gebeure

Vandag 26 Oktober – kan jy nog deelneem aan die CQ WW DX foon kompetisie
26 Oktober verandering van ARTODAY frekwensies
28 Oktober - vroeë bespreking vir die Kaapstad RTA spertyd
1 November - RADAR kompetisie
1 November - KARTS en AWA gekombineerde opedag
1 November is ook die BHF/UHF groep aktiwiteit by die Wesrand amateurradio klub
1 November - RTA in Kaapstad
3 & 4 November Cubesat werkswinkel in Bellville
9 November - PEARS HF kompetisie
10 November - sluitings datum vir 2015 kompetisie insette
11 November - Wapenstilstanddag
15 en 16 November - Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag asook die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisie
Ons sluit vanmmore se bulletin met 'n terugblik op die hoofartikel: Die SARL het reeds verskeie interesante onderwerpe geidentifiseer vir bespreking tydens integnet programme. Ons benodig egter nou insette om te bepaal of die integnet moet voortbestaan op elke derde Dinsdagaand van die maand of moet dit terugskuif na Sondagaande. Laat weet ons gerus hoe jy voel deur epos te stuur aan artoday@sarl.org.za

** Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHCen gelees deur ______________

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX




Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003